Ek het vanoggend om half een n droom gehad Ek en drie ander ouens ry in n kar in n dorp en dit is baie donker want die krag is af Een van die ouens se toe ons moet stop hy wil nie meer saam met ons gaan nie Hy klim uit en loop so 10 m toe verdwyn hy Ons kyk net sy klere is in die pad Ons draai om en gaan se vir sy ouers Toe hul dit hoor begin sy ma te huil Sy was n groot kerk mens Elke kerkdiens bygewoon In die droom het ons ervaar dat baie mense verdwyn het Sy ma se toe ons het agter gebly Jesus het Sy kinders kom haal Ek wonder toe maar hoe kon sy wat elke diens bygewoon het dit nie gemaak het nie Ek ervaar toe dat iemand onsigbaar se onvergewingsgesindheid n totale gees van verslaendheid het geheers en skok het almal getref sowel as choas Ek is Peet van Loggerenberg van Viginia en ek was in die droom een wat agtergebly het Ek is nou besig om myself te ondersoek en om genade te smeek